Vrou van Paarl-Oos vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou van Paarl-Oos is Sondag vermoor.

Volgens ‘n polisieverklaring het die voorval omstreeks 21:45 in Evettestraat in Smartie Town plaasgevind.

Tashey West (28) en ‘n vriend was glo die aand uit toe die voorval gebeur het.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê met aankoms op die toneel was daar bloed van ‘n wond aan die linkerkant van haar van haar kop.

West het ‘n negejarige dogter.

Sy word op 10 Junie begrawe.