LEES OOK: Huiswerker wat ‘vals klagte lê’ deur CCTV-kameras uitgevang
“Kort op die hakke van nuwe raskwotas wat ontwerp is om hele groepe Suid-Afrikaners van werk in sekere sektore en provinsies te verbied, het die ANC-regering nou ook raskwotas gepubliseer wat watergebruik op grond van velkleur sal bepaal,” het John Steenhuisen, leier van die Demokratiese Alliansie (DA), in ’n verklaring bevestig.
Die konsepregulasies, wat op 19 Mei deur Senzo Mchunu, minister van waterwese, gepubliseer is, stel raskwotas vir die toekenning van watergebruikslisensies in, wat noodsaaklik is vir die voortbestaan van ondernemings in sektore soos landbou, bosbou en mynbou.
Die regulasies is in die Staatskoerant gepubliseer.



