Tiener vermis sedert Vrydag

Deel hierdie storie / Share this story

Openbare bystand word benodig om die 16-jarige Snenhlanhla Bukhosini op te spoor.

Die tiener het glo Vrydag haar koshuis verlaat om ‘n partytjie by ‘n woonstel in ‘n area, bekend as Hammonds Farm, by te woon.

Volgens haar vriende was sy nog die vorige nag by die woonstel en sy het omstreeks 22:00 teruggekeer huis toe.
Haar vriende het haar na die Waterloo – KZN-taxistaanplek in fase 2 vergesel.

Bukhosini sou glo na haar woning ongeveer 500 meter verder sou stap, maar sy kan sedertdien nie opgespoor word nie.

Die graad 9-leerder van Waterloo Sekondêre Skool besit nie ‘n selfoon nie.

Haar familie is glo ingelig dat sy in Waterloo – KZN is, maar bang is om terug te keer huis toe.