’n Voormalige departementshoof (HOD) by Openbare Werke in die Noord-Kaap, Patience Mokhali en ’n maatskappydirekteur van Babereki Consulting Engineers, Tshegolekae Motaung het vlugtig Woensdag in die Kimberley-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur.
Volgens SABC News is hulle Woendag in die vroeë oggendure gearresteer en word daarvan aangekla dat hulle prosesse verontagsaam het tydens die bou van die Kimberley-geesteshospitaal.
Die hospitaal het 14 jaar geneem om te voltooi teen ‘n buitensporige bedrag van meer as R2 miljard van die voorheen begrote bedrag van R290 miljoen.
Hulle is gesamentlik op borgtog van R60 000 vrygelaat.



