Dokter word beveel om kind te onderhou na vasektomie verkeerd gaan

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Minstens 20 kinders dood in brand in skoolslaapsaal

Diego Naranjo, ‘n dokter van Medellin, Columbia, is deur ‘n hof beveel om te betaal om ‘n kind te onderhou vir die volgende paar jaar na ‘n vasektomie wat hy moes uitvoer, verkeerd gegaan het.

‘n Pasient wat deur dr. Naranjo verseker is sy vasektomie was suksesvol en hulle het geen addisionele voorbehoedmiddels nodig nie, het sy vrou swanger gemaak.

Die paar het toetse laat uitvoer en dit is bevind die vasektomie was onsuksesvol. Die paar het besluit om dr. Naranjo te dagvaar vir nalatigheid.

Die hof het beslis die dokter sal moet betaal om die kind te onderhou tot die kind 18 jaar oud is.

Bronne: IOL, Briefly, News Hub

Lees ook: Minstens 20 kinders dood in brand in skoolslaapsaal