Brendan Peyer gaan alles in sy vermoë doen om oor drie weke weer terug op die verhoog wees.
Die sanger was Maandag weer by die dokter in Johannesburg en sê dat alles goed lyk.
“Ons mik om die 3de Junie weer op die verhoog te wees by die Melkfest. Ek gee alles vir die volgende 3 weke om verhoog-gereed te wees vir julle.”
Peyper het op 15 April ‘n video op sy Facebook-blad gedeel waarin hy vertel dat sy vertonings gekanselleer moet word nadat daar ‘n bloedblasie op sy stembande gekry is en dat hy geopereer moet word om die bloedblasie stukkend te steek.
Brendan het op 26 April sy eerste operasie ondergaan en vertel dat alles goed gegaan het.



