Lees ook: Sewe werknemers by munisipaliteit geskors oor beweerde kabeldiefstal
Twee Kaapstadse tronkbewaarders sal Dinsdag in die Goodwood-landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie na hulle Maandag deur die Valke in hegtenis geneem is.
Die tronkbewaarders is in Bellville in hegtenis geneem na die Valke inligting ontvang het dat die bewaarders go “seksuele gunsies” met die gevangenes geruil het vir sekere voorregte.
Die Valke het ook inligting ontvang dat die bewaarders geld ontvang het van die gevangenes in Januarie 2023. Hulle het glo ook items by die tronk ingesmokkel vir die gevangenes.
Bronne: IOL, Daily Voice, eNCA
Lees ook: Sewe werknemers by munisipaliteit geskors oor beweerde kabeldiefstal



