LEES OOK: Spoedvraat wat glo 234 km/h jaag in hegtenis
Bukelwa Gabuza (79) sê sy woon sedert 1981 in Mau-Mau, Nyanga. Sy word vir artritis, maagsere en ekseem behandel, en sy gebruik ’n kierie om te loop. Gabuza sê sy kon nie haar daaglikse medikasie neem niem omdat die kliniek nie voorraad het nie. Sy en ander pensioenarisse wat vir etlike ure nie meer kan staan nie, betaal nou jong mans R50 om namens hulle tou te staan.



