LEES OOK: Pa sterf, jong seun ernstig beseer toe minibustaxi se remme faal
Dit blyk uit ‘n mediaverklaring deur die presidensie dat Suid-Afrikaanse amptenare met Amerikaanse amptenare vergader het oor die nuus dat Suid-Afrika dalk in Desember wapens aan Rusland verskaf het, maar dat die Suid-Afrikaanse regering dit eers wou ondersoek voordat dit in die media bekendgemaak word. Dit het egter nie volgens plan verloop toe die VSA vandag die bom gebars het nie.



