Jong meisie (12) gered na swaar voertuig op bakkie val

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Twaalfjarige meisie is Donderdag gered nadat ‘n swaar konstruksievoertuig op die voertuig waarin sy was, se passasierskant geval het.

Luidens ‘n verklaring deur Drakenstein-plaasweg, in die Paarl, het die konstruksievoertuig minstens 20 ton geweeg.

Die vertuig, wat langs die pad gestaan het en besig was om ‘n vrag af te laai, het op die verbygaande Toyota Hilux geval.

Die pa het slegs ligte besering opgedoen en kon daarin slaag om uit die bakkie te klim.

Die bakkie is deur nooddienste in stukke gesny om die meisie veilig uit die wrak te haal.

Die polisie ondersoek ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur.