Skok oor babalykie op ashoop

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Babalykie is glo Maandag op ‘n ashoop in Worcester gekry.

Mense van die dorp het glo omstreeks 11:00 op die ashoop na iets gaan soek, toe hulle die op die lykie afgekom het.

Die omstandighede rondom die baba is steeds onbekend en volgens die polisie weet niemand of die baba gelewe het toe die hy op die ashoop gelos is nie.

Die baba, wat toegedraai was in ‘n blou kombersie, was glo potblou in die gesig.

Die polisie is dadelik na die toneel ontbied.