Twee jong boere van Levubu in Limpopo was Saterdagoggend in ‘n grusame motorongeluk betrokke.
Carel van Aswegen (30) is oorlede en Jeandre Booysen (24) veg om sy lewe in die hospitaal.

Hulle het na bewering met ‘n Toyota-Hilux-bakkie teen ‘n Mercedes Benz tussen Louis Trichardt en Thohoyandou gebots toe hul na ‘n visvangnaweek vroeg die oggend op pad huis toe was.
Die bakkie het gerol en die twee jong mans is uit die bakkie geslinger.
Van Aswegen is op die toneel dood verklaar en Booysen is in die waakeenheid onder verdowing.
Volgens kol. Malesela Ledwaba word ‘n saak van strafbare manslag ondersoek.




