Getroude vroue kan vanjaar vir die eerste keer inskryf om deel te neem aan Mej. SA.
Vanjaar maak jou huwelikstastus nie saak nie – jy kan getroud, verloof of geskei wees.
Die Mej. Suid-Afrika-organisasie het die reëls verander en dit moontlik gemaak vir alle vroue – straight, trans, queer, groot, klein, kort, lank of getroud, en met of sonder kinders – om aan die kompetisie deel te neem.
“Die Mej. Suid-Afrika-kompetisie is deur baie veranderings om te verseker dat dit relevant, aktueel en vars bly en om seker te maak dat die Mej. Suid-Afrika-organisasie tred hou met die veranderende tye,” lui ’n persverklaring deur dié organisasie.
Nog ’n toevoeging hierdie jaar is die insluiting van ’n baanbrekende TV-reeks van sewe dele: Crown Chasers is ’n opwindende werklikheidsprogram wat die Mej. Suid-Afrika-kompetisie wys soos dit nog nooit voorheen gesien is nie.



