LEES OOK: Twee beseer tydens ongeluk – voertuig brand
Die Universiteit Stellenbosch het bevestig dat ‘n video wat ‘n persoon wys wat in die Neelsie oor die naweek urineer, egter nie ‘n universiteitstudent is nie.
“Die Universiteit Stellenbosch kan bevestig dat die persoon wat in die Neelsie Studentesentrum geurineer het, van wie ‘n video Sondagmiddag op sosiale media geplaas is, nie ‘n student van die Universiteit is nie, maar ‘n lid van die publiek. Die voorval word ondersoek,” lui die verklaring.
Die video van die voorval is wyd op Twitter versprei.



