Lees ook: 7de Laan-akteur onder polisiebewaking, vermoor glo metgesel
Koning Charles het glo televisiekameras verbied om hom af te neem terwyl hy deur heilige olie gesalf word voor sy kroning.
Volgens die Daily Mirror het die koning sy oorspronklike plan om dit deur ‘n deurskynende dak te wys laat vaar en het besluit om die oomblik privaat te hou, sonder die teenwoordigheid van televisiekameras.
Koning Charles en sy vrou, die koningin-gemaal Camilla, sal altwee gesalf word met Chrisma-olie (olyfolie gemeng met balsem).
Camilla gaan eerste gekroon word en dan Charles.
Bronne: Bang Showbiz, IOL, The Mirror
Lees ook: 7de Laan-akteur onder polisiebewaking, vermoor glo metgesel



