ANC-parlementslid beskuldig van sy vrou se moord op borg vrygelaat

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: ANC-MP beskuldig van vrou se moord vind volgende week uit oor borg

Die ANC-parlementslid, Sibusiso Kula, wat van sy vrou se moord beskuldig word, is vrygelaat op R50 000 borg na hy hom tot die Noord-Wes-hooggeregshof gewend het.

In Januarie het die Orkney-landdroshof sy borgaansoek van die hand gewys na hy aangekla is van die moord op sy vrou, Jennifer Motlhomi. Sy is verlede November dood in hulle huis gevind na sy in die rug gesteek is.

Kula moes sy paspoorte ingee, hy moet twee keer ‘n dag aan die naaste polisiestasie rapporteer en mag geen kontak met sy kinders hê nie.

Die Orkney-landdroshof het Kula se verhoor tot 17 April uitgestel.

Bronne: IOL, News24, The Citizen

Lees ook: ANC-MP beskuldig van vrou se moord vind volgende week uit oor borg