LEES OOK: Man veg vir sy lewe na aanranding, hartstilstand
Dr Leon Schreiber, DA-skaduminister oor staatsdiens en administrasie, sê in die “jongste misbruik” wat die African National Congress (ANC) deur die Ministeriële Handboek gepleeg het, kan die Demokratiese Alliansie (DA) onthul dat lede van president Cyril Ramaphosa se regering meer as R58 miljoen se belastingbetalersgeld gebruik het om gratis elektrisiteit, water, sekuriteit en opgraderings by die 97 luukse herehuise – self ter waarde van byna R1 miljard – waar hulle met vergunning van Suid-Afrikaanse belastingbetalers in Kaapstad en Pretoria woon, te verskaf.



