’n Paar het ’n “waterlek” in hulle kampslaapkamer op Satara rapporteer, wat toe al die tyd ’n luislang was wat die kamer met hulle gedeel het.
Die vrou, Mica Bafatakis, het op sosiale media gedeel hoe sy die luislang ontdek het.
Sy vertel dat sy en haar kêrel die middag gaan lê het toe water op haar kêrel se been begin drup het. Hulle het die lek aangemeld en ’n drankie gaan kry.
Toe hulle terugkom in die kamer, het sy in die dak gekyk, omdat sy vermoed het dis dalk ’n slang en dis toe dat sy die luislang opmerk.
Die Kruger Nasionale Park se woordvoerder het aan Times LIVE bevestig dat die slang verwyder is en dat die park daaraan werk om die kamers veilig te maak.
Bronne: Times LIVE, Soeknet, The World News, VN Explorer



