Lees ook: Tiener in hegtenis vir onwettige besit van ‘n vuurwapen
Bethuel Mdubane (36) is tot 24 jaar tronkstraf gevonnis vir verskeie misdade, insluitend moord, onwettige besit van ’n vuurwapen en die jag en skiet van twee renosters.
Mdubane is ook gevonnis vir die onwettige besit van ’n gesteelde voertuig, twee aanklagte vir die besit van ammunisie en drie aanklagte van onwettige besit van verbode vuurwapens.
Die tweede beskuldigde, Ebony Mokoena, is tot 18 maande tronkstraf of ’n boete van R3 000 vir skade aan eiendom gevonnis en die derde beskuldigde is ’n staatsgetuie.
Mdubane was ’n lid van die Waterberg Ranger Services waar hy as ’n sekuriteitswag gewerk het om stroperyby die Lapalala Wilderness-natuurreservaat te verhoed.
Op 10 Maart 2020 het Mdubane, terwyl hy aan diens was, twee renosters doodgeskiet en hulle horings afgekap. Hy het toe sy medepligtige, Primar Salazar Maluleque, doodgemaak en gesê hy was die een wat die renosters doodgemaak het.
Die NPA het gesê Mdubane en Maluleque het ’n meningsverskil gehad oor hoe hulle die geld van die horings gaan bestee.
Mdubane is op 19 November 2022 in hegtenis geneem. Die polisie het ’n .303-geweer, ’n sak met ’n knaldemper, ’n mes, ’n byl en vyf rondtes ammunisie in sy woning gevind.
Bronne: IOL, 247News, African News Agency
Lees ook: Tiener in hegtenis vir onwettige besit van ‘n vuurwapen



