Seun gevonnis wat pa vermoor oor hy nie sy droom ondersteun het nie

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Slotargumente verwag in Gerhard Ackerman-saak

’n Voornemende Mayflower-musikant is tot lewenslange tronkstraf gevonnis na hy sy pa vermoor het omdat hy nie sy drome ondersteun het nie.

Siphamandla Gift Khumalo het in die Mpumalanga-hooggeregshof verskyn nadat hy skuldig gepleit het vir die moord op sy pa, Bheki Eric Khumalo.

In sy skulderkenning het Khumalo aan die hof gesê sy verhouding met sy pa is versuur toe hy vir sy pa gesê het hy wil ’n musikant word en sy pa gesê het hy moet eerder ’n ingenieur word.

Hy het die familiehuis in Mayflower verlaat en sy pa op Ermelo, waar sy pa besig was om te werk, met ’n mes ingewag en hom in die nek gesteek.

Bronne: IOL, News24, 247News

Lees ook: Slotargumente verwag in Gerhard Ackerman-saak