Amanda de Lange, wetgewerlid van die VF Plus in Gauteng, waarsku dat die ses gevalle van cholera wat in Gauteng aangemeld is, nie ligtelik opgeneem moet word nie, veral omdat rioolstortings algemeen is in sekere munisipaliteite.
“Die Gautengse departement van gesondheid se dringende verklaring dat kraanwater nie met die cholera-bakterieë besmet is nie, is waar, maar inwoners moenie te gerus raak nie,” meen de Lange.



