“Om die huidige mislukte minister van polisie, Bheki Cele, as die volgende minister van intelligensie in ag te neem, is die mees absurde en onlogiese ding wat ons nog ooit gehoor het,” sê Ian Cameron, direkteur van gemeenskapsveiligheid by Action Society. “As dit ’n werklikheid word, sal Suid-Afrika se politieke en algemene misdaadprobleem drasties vererger.”



