Jack Bloom, DA-woordvoerder oor gesondheid, het Woensdag onthul dat drie Gautengse openbare hospitale en 71 klinieke se diesel die afgelope jaar opgeraak het, wat vertragings in dienslewering, watertekorte, diefstal, skade aan toerusting en yskaste veroorsaak het.



