Lees ook: ‘Church of England’ wil na God as geslagsneutraal verwys
Twee Moslem-groepe in die Wes-Kaap en die Wes-Kaapse premier Alan Winde is in ’n meningsverskil gedompel nadat die groepe verklarings vrygestel het waarin hulle die DA- provinsiale regering kritiseer oor hulle besluit om die staatsgeboue met reënboogkleure vir “Pride month” te versier.
Die groepe het gesê dat daar groter probleme is waarop die regering moet fokus en wat geprioritiseer moet word. Die Kaapstadse Ulama Board het gesê die aandag wat aan die LGBT+ gemeenskap gegee word, is uit proporsie en dat dit “so in mense se kele afgedruk word dat dit die gedrag normaliseer”.
Winde het gesê hy stem nie met die groepe se kritiek saam nie en dat hulle besluit was om hulle aanvaarding en ondersteuning te wys.
Bronne: IOL, News24, VN Explorer
Lees ook: ‘Church of England’ wil na God as geslagsneutraal verwys



