Sowat 60 mense van verskeie burgerlike groepe het Woensdag na die Burgersentrum in Kaapstad opgeruk. Die groepe wil “wetstoepassingsbrutaliteit blootlê” en Bulelani Qolani se litigasie teen die Stad Kaapstad beklemtoon. Qolani is tydens grendeltydperk in 2020 kaal van sy huis in Khayelitsha deur beamptes gesleep.


