Suid-Afrikaners in sommige streke van die land is in vervoering oor ’n massiewe kring om die son.
Wetenskaplikes noem dié kring, wat soos ’n reenboog lyk, 22-grade-halo’s. Hulle dra hierdie naam omdat die radius van die sirkel om die son of maan ongeveer 22 grade is.
Luidens Earthsky.org, kom hoë sirruswolke voor net voordat daar ’n storm uitbreek. Die halo’s is ‘n teken van hoë, dun sirruswolke wat 20 000 voet (6 km) of meer bo ons koppe dryf.
Hierdie wolke bevat miljoene klein yskristalle. Die halo’s wat jy sien word veroorsaak deur beide breking, of splitsing van lig, en ook deur refleksie, of glinstering van lig vanaf hierdie yskristalle. Die kristalle moet met betrekking tot jou oog georiënteer en geposisioneer word sodat die stralekrans kan verskyn.
Dié foto’s is vandag deur lesers aan FiND iT gestuur uit die Noord-Kaap en Limpopo.









