‘Nonsens’ sê Suid-Afrikaners oor Cyril se hande wat ‘vasgebind’ is oor elektrisiteitsverhogings

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Storm het rondom president Cyril Ramaphosa se kop gebars, nadat hy gesê het sy hande is “vasgebind” oor elektrisiteitsverhogings van die Nasionale Energiereguleerder (Nersa).

Ramaphosa het Donderdag gesê hy kan nie inmeng in ‘n statutêre proses wat daartoe kan lei dat Suid-Afrikaners gedwing word om nog ‘n elektrisiteitsprysverhoging te dra nie.

Nersa oorweeg ‘n tariefverhoging van 32% van Eskom, terwyl Suid-Afrikaners daagliks ure lank sonder elektrisiteit is.

Dit volg na ‘n onderhoud met Ramaphosa en Sbu Ngalwa, Eyewitness News se hoofredakteur, op 9 Januarie, waar Ramaphosa sê die regering het planne aan die gang gesit om die probleme aan te spreek. Hy sê in die onderhoud “ons slaap nie”. Hy wou nie erken dat ‘n moeilike tyd vir Suid-Afrikaners voorlê nie.

Lees ook: Genoeg is genoeg! DA beplan massa-aksie

Helen Zille het op Twitter uitgevaar en gesê Suid-Afrikaners gaan nie net lê en dit aanvaar nie.

Patrick Nicoll het op Twitter gesê 4,5 uur se prima produksietyd is gister verlore. “Wie sal die werkers betaal vir hierdie verlore tyd? Het hierdie apologetiese ANC ‘n fonds waaruit ons betaling kan kry of moet die industrie net die verlies dra?”

Amos Morobe sê wanneer ons (Suid-Afrikaners) ‘n president kies, is dit omdat ons iemand soek wat vir ons ‘n oplossing as ‘n land kan gee. “As jy vir ons sê jou hand is vasgebind, beledig jy ons.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.