Vrees vir selfdood onder aanlyn UCT-hoërskoolleerlinge oor uitslae

Deel hierdie storie / Share this story

Twee leerlinge van die aanlyn UCT High School is onder waarneming vir selfdood na hulle verlede jaar se uitslae ontvang het.

’n Rusie het tussen die skool en ouers uitgebreek met die ouers wat beplan om die skool te dagvaar nadat baie gr. 8-leerlinge gedruip het.

Die ouers eis ook dat die skoolgeld vir 2022 aan hulle terugbetaal moet word. Die rusie het 23 Desember begin toe ouers hulle kinders se rapporte ontvang het. Die ouers het gesê hulle kon sien dat sommige toetse slegs deels gemerk is of net glad nie gemerk is nie. Die leerlinge is ook punte gegee vir klasse wat hulle nie geneem het in 2022 nie.

Ouers het vertel oor hulle stryd om die skool in die hande te kry en die probleme wat hulle kinders deur die jaar ervaar het om hulle opvoeding te kry.

Die uitvoerende hoof en akademiese beampte van die aanlyn UCT-hoërskool, Banele Lukhele, het gesê dat hulle goeie presterende leerlinge gehad het en dat die ouers wat kinders het wat vir selfdood waargeneem word, met die skool moet saamwerk om hulp vir hulle te kry.

Lukhele was nie bewus van enige regsproses teen die skool nie.

Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) se Bronagh Hammond het gesê UCT Online High School word nie deur die WKOD bestuur nie en is nie ‘n gewone openbare skool nie. UCT en Valenture Institute bestuur die UCT aanlyn hoërskool.

Bronne: Saturday Star, Pressreader

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Nuwe Covid-variant in SA geen rede tot kommer nie