Fase 4-beurtkrag beplan tot Vrydag

Deel hierdie storie / Share this story

Eskom het aangekondig dat fase 4-beurtkrag sal aangaan tot Vrydag na vier kragopwekkingseenhede gebreek het.

Eskom het ook die beurtkragvooruitsigte geblameer op vertragings om sommige eenhede weer in diens te neem.

Fase 4-beurtkrag sal na verwagting voortduur tot Vrydag 05:00 en sal daagliks in die aand tussen 16:00 – 05:00 voortgaan.

Daarna sal Fase 3-beurtkrag vanaf Vrydag 05:00 tot 16:00 geïmplementeer word en sal daagliks tussen 05:00 tot 16:00 voortduur.

Sikonathi Mantshantsha, Eskom-woordvoerder, het gesê daar word verwag dat die beurtkragpatroon daagliks herhaal sal word tot verdere kennisgewing.

Eskom het ook ‘n beroep op die publiek gedoen om soveel as moontlik elektrisiteit gedurende hierdie tydperk te bespaar.

Bronne: IOL, eNCA

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Beurtkrag gaan voort die week, sê Eskom