Pas bekend: Diasstrand gesluit

Deel hierdie storie / Share this story

Vroeër vanmiddag het vier walvisse, vermoedelik dwergspermwalvisse op Diasstrand uitgespoel.

Pogings word aangewend om die walvisse te red en daarom het die Mosselbaai-munisipaliteit se omgewingspan die strand gesluit tot verdere kennisgewing.

Volgens voorlopige inligting het drie volwasse walvisse en een kalf uitgespoel. Verskeie rolspelers is op die toneel om die situasie te bestuur.