Die gewese Protea-krieketspeler, Jacques Kallis en sy vrou, Charlene, word een van die dae ‘n dogtertjie ryker.
Die egpaar het die nuus in November op Instagram-blad gedeel. Hulle het reeds ‘n tweejarige seuntjie, Joshua.

Hulle het die afgelope week bekendgemaak dat baba nommer twee ‘n dogtertjie gaan wees.
Jacques het tydens die bekendmaking van die baba se geslag ‘n “gholfbal” geslaan waarin pienk rook was.
Kyk hul reveal-video hier.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



