Vyf dood in kop-aan-kop-botsing, vierjarige sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Vyf mense ia dood tydens ‘n kop-aan-kop-botsing op die N2 suid naby die M37 in die Amanzimtoti-area.

Emer-G-Med se paramedici saam met Netcare911 is ongeveer 20:30 Sondag na ‘n toneel waar twee voertuie gebots het, ontbied.

Vyf mense, onder wie ‘n vierjarige kind, het noodlottige beserings opgedoen en is met paramedici se aankoms dood verklaar.

Drie ander is behandel en op die toneel gestabiliseer vir matige beserings en per ambulanse na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere mediese sorg.

Wat tot die ingeluk gelei het, is onduidelik en sal die deur die SAPD ondersoek ondersoek word.