Ongeluk eis 10 mense by tolhek in Vrystaat

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ongeluk wat Maandagoggend by ‘n tolhek op die N1 in die Vrystaat plaasgevind het, het die lewens van 10 mense geëis.

‘n Taxi en ‘n vragmotor het mekaar reg van voor getref. Nog vyf mense, onder wie drie kinders, is ook beseer. Hoe die ongeluk presies gebeur het, is nog onbekend.

Al die oorledenes en beseerdes was in die taxi. Die beseerdes is na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein geneem

Die vragmotorbestuurder is ongedeerd.

Fotokrediet: Netwerk24

Die ongeluk het 10 km voor die Verkeerdevlei-tolhek in die rigting van Windburg gebeur.

Nooddienste is omstreeks 03:25 na die toneel ontbied.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel