Tiener (17) kritiek ná hy raakgery is

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Tiener (17) is in ‘n kritieke toestand nadat hy Donderdagmiddag deur ‘n ligte motorvoertuig naby die kruising van Bosmansdamweg en Letchworthrylaan in Edgemead, Kaapstad, raakgery is.

ER24-paramedici was omstreeks 13:30 saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens en talle omstanders op die toneel.

Die jong man is met kritieke beserings wat hy in die botsing opgedoen het, op die sypaadjie gevind.

Hy is met gevorderderde lewensondersteuningsintervensies behandel en na Tygerberg-hospitaal vervoer vir verdere sorg.

SAPD sowel as Metro Rescue was op die toneel vir verdere ondersoeke.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel