Die sanger Tobie Jooste is ‘n soettand en altyd op soek na ‘n laataand-peuselhappie.
“En as dit so lekker reën in Jozi, soek mens altyd iets om laataand aan te peusel saam met ‘n glas melk,” vertel hy.
Sy “‘SwartKat-en-Stroopyummies’” is die perfekte peuselhappie om in jou yskas te hê!
Bestanddele:
- Sny 5 plakke 5-star-sjokolades op in stukkies.
- Voeg 100 g botter by, 3 groot eetlepels grondboontjiebotter en ‘n groot skeut stroop.
- Mikrogolf tot gesmelt.
- Voeg 2-3 k oats by.
- Druk plat in ‘n gesmeerde pan.
- Laat afkoel.
- Sny in blokkies.




Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



