Alan Broderick, wat vir twee dae vermis was nadat hy Saterdag 3 Desember in die Knysna-woud gaan fietsry het, is deur redders gevind.
Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Chris Spies, het bevestig dat die 58-jarige Broderick Maandagmiddag deur soek-en-reddingspanne in die Knysna-woud gevind is.
“Die soek-en-reddingsoperasie met die ontplooiing van lugsteun het gelei tot die ontdekking van Alan Broderick in die woud naby die Bitourivier omstreeks 16:00,” het hy gesê.
Alan is na ‘n hospitaal geneem om mediese waarneming te ondergaan en behandeling vir sy beserings te ontvang, het Spies bevestig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



