Pitbull red meisie uit vuurhel

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Pitbull word as ‘n held beskou nadat hy die naweek ‘n jong meisie tydens ‘n huisbrand gered het.

Kirk Lawack, wat met Herald Live gepraat het, het gesê Bullet het daarin geslaag om die hek oop te trek en die huis binnegestorm.

Die sewejarige Aaliyah Moodaley was in die huis. Lawack sê Bullet het by die kamer ingehardloop en Aaliyah uit die huis gestoot.

“Toe Aaliyah buite was, het Bullet terug na binne gehardloop om haar ouer broer te waarsku.”

Volgens Lawack het die seun veilig uitgekom, maar Bullet is dood weens rookinaseming. Aaliyah se ma was by die werk toe sy ‘n oproep oor die brand ontvang het. Sy het huis toe gehaas en haar kinders veilig gevind. Sy het aan Herald Live gesê sy het Bullet vier jaar gelede vir haar seun gekry.

Geen gemene spel word vermoed nie en geen saak is in dié stadium geopen nie.

Bullet is deur sy eienaar beskryf as ‘n vriendelike hond wat met jong kinders gespeel het. Hulle harte is baie seer dat Bullet dood is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel