Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, sal na verwagting ‘n aankondiging maak of Chris Hani se moordenaar, Janusz Walus, vrygelaat gaan word.
Die drieparty-alliansie het Woensdag buite die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria betoog teen die naderende vrylating op parool van Walus. Janusz Walus het Chris Hani in 1993 doodgeskiet en is al vir amper meer as drie dekades in die tronk.
Hy sou na verwagting Donderdag uit die tronk op parool vrygelaat word.
Bronne: eNCA, OFM
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: ANC sal na verwagting betoog oor Janusz Walus se parool



