‘n Veiligheidswag het glo sy eie lewe buite die Cleary Park-winkelsentrum geneem.
‘n Geregtelike doodsondersoek is deur die polisie in Gqeberha geopen nadat die man homself glo geskiet het.
Luidens ‘n verklaring deur die polisie het die voorval Dinsdagmiddag plaasgevind. Die drie veiligheidswagte van Fidelity was buite die sentrum geparkeer. Hulle het gewag om kontant by een van die kleinhandelaars te gaan haal.
Die wag het buite die voertuig gestaan, waarna by ewe skielik agter ingeklim het en homself glo toe geskiet het. Hy het ‘n skietwond aan die kant van sy kop opgedoen en is op slag dood.
Die ander twee wagte, wat voor in die voertuig gesit het, het alles aanskou.
Indien jy of enigeen wat jy ken hulp nodig het met selfdoodgedagtes, skakel die Suicide Crisis Helpline by 0800 12 13 14.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



