Onderwyser rand glo skoolhoof aan

Deel hierdie storie / Share this story

Die skoolhekke by ‘n skool in Gauteng moes gesluit word om ‘n onderwyser buite te hou nadat sy glo die waarnemende hoof van haar skool aangerand het.

Die bakleiery het glo op 17 November by die Primêre Skool Buyani in Finetown, suid van Johannesburg, plaasgevind. Volgens gerugte is dit nie die eerste keer wat daar konflik tussen hulle onstaan het nie.

Op 17 November het die hoof die betrokke onderwyser gevra om dokumente van die distrikskantoor te teken, maar sy het geweier en haar glo aangerand. Die onderwyser het toe glo sommer die waarnemende hoof se dogter beetgekry.

Gemeenskapslede en lede van die skool se beheerraad (SGB) het op 21 November die skoolhekke gesluit sodat die onderwyser nie die skoolgrond kon betree nie. 

‘n Lid van die SGB, Mandisa Jadala, sê die onderwyser het nie respek nie. 

“Dis duidelik die onderwyser wil nie hê daar moet ‘n hoof wees nie. Sy soek altyd ‘n fight.”

Die onderwyser het aan Sunday Sun gesê sy het niks om te sê nie. 

Die departement van onderwys het nie op FiND iT se e-pos reageer nie.