Die liggaam van ‘n tienerseun wat meer as twee weke gelede deur sy ouma as vermis aangemeld is, is Dinsdag op die wal van ‘n rivier gekry. Die 13-jarige Asithandile Hoko het vermoedelik verdrink.
Luidens ‘n verklaring het hy sy ouma se huis in die informele nedersetting New Rest op 4 November verlaat om sy ma te gaan soek.
Duikers het op 7 November in die rivier gesoek, sonder sukses.
Geen misdaad word vermoed nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



