Die 29-jarige Willem Kruger wat sedert 12 November vermis was, se bakkie is Dinsdagoggend om 10:45 gekry.
Mike Bolhuis, privaatondersoeker, het bevestig dat Willem se liggaam nog in die bakkie was.
Bosveld Misdaad Ondersoeke, wat die soektog gelei het, het op hul Facebook-blad gesê die bakkie is links van die Henbase Lodge, waar die soektog deur meer as 1 000 mense vanoggend afgeskop het, naby die laagwaterbruggie gekry.






