‘n Boer van die Bethlehem-distrik is in ‘n varkhok op sy plaas gekry nadat hy Sondagoggend aangeval is.
Sakkie Bell (67) is glo erg aangerand en oor die kop geslaan. Sy hande was met draad agter sy rug vasgebind.
Bell se verloofde, Marie du Plessis, en haar broer was in Bethlemen toe Bell deur twee verdagtes aangeval is.
Bell, wie se plaas is sowat 6 km van Bethlehem is, is in die Mediclinic Hoogland met bloeding op die brein en harsingskudding opgeneem. Sy skedelbeen is ook gebreek, maar hy is stabiel.
Luidens ‘n verklaring deur die polisie het ‘n vark losgekom, waarna Bell hom terug in die hok gesit het. Hy is oorval en ‘n kombers is oor sy kop gegooi.
Wapens, waaronder ‘n geweer en ‘n pistool, en sy selfoon is gesteel, asook ‘n bos sleutels van sy bakkie waaraan ‘n huissleutel ook is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



