Suid-Afrikaners het gister gesit en wag vir die sanger, Steve Hofmeyr, se reaksie nadat die aktrise, Charlize Theron, gesê het Afrikaans besig is om uit te sterf en dat slegs “44 mense” nog dié taal praat.
Die uitgesproke sanger het vanoggend sy mening hieroor gedeel en gesê Afrikaans leef en sal oorleef.
“Kyk, klap sy ons nou wakker. Charlize reken Afrikaans is nie ‘n “useful” taal nie en dat skaars 44 mense dit nog praat. My antwoord op ‘n Times Media-navraag daaroor was:
“As dit die eerste hartoorplanting kon vermag, is dit bruikbaar genoeg vir my. Afrikaans is ‘n gemarginaliseerde taal wat, ongeag, leef en sal oorleef. Ons laaste universiteit is pas van ons gevat en steeds vind ons maniere om briljante tersiêre opleiding te bied. Ons het ook die gewildste vloekwoorde op die vasteland!”
Ek is #1uit44, ” sê Steve.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



