Die 44 Afrikaanssprekendes is skerp! Hier is van die memes oor Charlize

Deel hierdie storie / Share this story

Kyk, daar mag nou wel, volgens Charlize Theron (47), net 44 mense in Suid-Afrika oor wees wat Afrikaans praat, maar die 44 is skerp!

Die Suid-Afrikaansgebore aktrise word op sosiale media gekap nadat sy tydens ‘n onderhoud sekere uitlatings oor Afrikaans gemaak het.

In die nuwe episode van die SmartLess-podsending met Sean Hayes, Jason Bateman en Will Arnett word Theron uitgevra oor haar moedertaal en grootwordjare in Suid-Afrika.

Volgens Theron is daar slegs sowat 44 mense in Suid-Afrika oor wat Afrikaans praat en meen sy die taal is besig om uit te sterf. Volgens haar is dit nie ‘n “nuttige taal nie.”

Sy sê ook tydens die onderhoud dat Engels haar tweede taal was, en dat sy voor 19 jaar oud nie regtig Engels gepraat het nie.

Intussen het sosialemediagebruikers memes oor die aktrise gemaak wat jou lekker sal laat lag!

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel