‘n Paar vrot sandale is vir R3.9 miljoen op ‘n veiling in Kalifornië verkoop.
Die ou Birkenstock-sandale is glo deur die beroemde Steve Jobs gedra. Jobs was die mede-stigter van Apple en het die sandale in die 1970’s en 1980’s gedra.

Volgens Fortune.com is die sandale Sondag deur die afslaer Julien’s verkoop en het dit die rekord gebreek vir die duurste sandale nog verkoop.
Die sandale is saam met ander klere, musiekinstrumente en juwele van Elvis Presley, Kurt Cobain en John Lennon verkoop. Die veiling is die Icons and Idols: Rock ‘n Roll-veiling genoem. Julien’s het die sandale vir net meer as R1 miljoen waardeer – wat jou vandag slegs R1 900 vir ‘n nuwe paar sal kos.
Die naam van die koper is nie bekend nie.
Jobs is in 2011 aan pankreaskanker oorlede waarna Mark Sheff, die bestuurder van sy landgoed, die sandale geneem het.
Die bedrag is wel ‘n rekordbedrag vir sandale, maar die “wêreldrekordprys” vir ou skoene is steeds Michaerl Jordan se paar Nike Air Ships wat vir R25 miljoen verkoop is.
Sold for $218,750. A pair of brown suede leather Birkenstock Arizona sandals that were personally owned and worn by Steve Jobs.
— Julien’s Auctions (@JuliensAuctions) November 13, 2022
“Icons and Idols: Rock ‘N’ Roll” auction taking place at the @HardRock in New York City and online at https://t.co/tzS6JKuf2p, Friday through Sunday. pic.twitter.com/ESXO8fJ2L7
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



