Vrou kry lewenslange vonnis vir moord op ouma

Deel hierdie storie / Share this story

Nomaswazi Rachel Tshabalala is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op haar ouma.

Tshabalala is tot ’n bykomende 25 jaar tronkstraf gevonnis vir bedrog, diefstal van die oorledene se bank- en Sassa-kaarte, belemmering en regsverydeling, asook statutêre meineed.

Volgens die provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), Phindi Mjonondwane, het Tshabalala by haar ouma, Nomsa Hilda Tshabalala in Mndeni, Soweto, gewoon.

Tshabalala het skuld beken op die aanklagte wat die staat teen haar gebring het.

Sy het verder aan die hof erken dat sy onder die invloed van dwelms was toe sy haar ouma vermoor het nadat hulle ‘n rusie gehad het, en sy op 14 Desember 2019 uit die huis geskop is.

Die hof het in haar pleitverduideliking gehoor Tshabalala het haar ouma op 19 Desember 2019 by die Naledi-polisiestasie as vermis aangemeld.

Sy het erken dat sy van 17 Desember 2019 tot 3 September 2020 geld met haar ouma se Nedbank- en Sassa-kaarte onttrek het. Die polisie het Tshabalala op 3 September 2020 in hegtenis geneem nadat hulle gevind het sy gebruik haar ouma se kaarte, terwyl dié as vermis aangemeld is.

Tshabalala was van bedrog en diefstal aangekla, maar is van moord aangekla na ’n huurder haar ouma se oorskot in Junie 2021 ontdek het. Tshabalala het haar ouma met ’n kalbas geslaan, haar verwurg en toe petrol op haar gegooi om die moord weg te steek.

Bronne: IOL, Ghanamma, Flipboard

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Strandganger doodgeskiet op Umhlangastrand se walvisbeenpier