TRAGIES: Tweejarige dood ná sy vir 9 ure in motor vergeet is

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Tweejarige kleuter is dood weens sonsteek nadat haar pa haar in sy motor vergeet het. Die voorval het op 12 November in Japan gebeur.

Die pa (33), het volgens Mirror aan die polisie gesê hy het die huis omstreeks 08:00 Saterdagoggend verlaat om sy drie kinders by hul kleuterskole af te laai.

Hy het sy een- en vierjarige dogters glo by verskillende skole afgelaai en is toe werk toe met Seira Foetsjigami steeds in sy motor. Hy het sy motor gesluit, al die vensters toemaak en is toe in werk toe.

Toe hy weer om 17:00 na die kleuterskool toe is om sy kind te gaan haal, het die personeel hom ingelig dat die tweejarige nooit die oggend afgelaai is nie. Dis toe eers dat die pa besef hy het haar in die motor vergeet.

Hy het na sy motor gegaan en haar bewusteloos in haar karstoeltjie gevind. Sy is na ‘n hospitaal geneem, maar later dood verklaar.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel