Agtjarige dood ná hy tydens botsing uit motor skiet

Deel hierdie storie / Share this story

Emer-G-Med se paramedici is Dinsdagoggend omstreeks 07:15 na ‘n toneel ontbied waar ‘n ligte afleweringsvoertuig en ‘n sportnutsvoertuig betrokke was.


By aankoms op die toneel is gevind dat die een voertuig omgeslaan het. Twee volwassenes en twee kinders het matige beserings opgedoen.

‘n Derde kind, ‘n agtjarige seuntjie, is ‘n paar meter van die voertuig af gevind toe hy tydens die botsing uitgeskiet is.

Die kleuter het ongelukkig noodlottige beserings opgedoen en is met paramedici se aankoms dood verklaar.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel