Voormalige model kry 25 j. tronkstraf vir moord op meisie

Deel hierdie storie / Share this story

’n Voormalige model wat sy meisie vermoor het, is tot 25 jaar tronkstraf deur die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis.

Muepa Kasongo (23) het erken dat hy sy meisie, Simnikiwe Mfengu, 11 keer gesteek het toe sy hom probeer los het.

Mfengu wou uit hulle verhouding kom toe Kasongo haar in Desember 2018 gaan besoek het. Hy het haar verskeie kere gesteek en aangehou, selfs na sy op die vloer geval en vir hom gesê het sy dink sy bloei inwendig. Toe hy besef sy is dood, het hy die deure gesluit en haar alleen daar gelos.

Kasongo het bose geeste probeer blameer vir die moord.

Bronne: IOL, VN Explorer

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Man wat dieselfde huis twee keer op een dag beroof en huiseienaar vermoor, kry 30 jaar tronkstraf